Verhuisingsdienste:

Soos julle seker weet, het Xelvin hul eie ‘behuisingskonsultant’. Ongeveer ‘n maand voor jy in Nederland aankom, sal ons behuisingskonsultant jou kontak oor behuising. Jy sê vir ons wat is jou begroting en wat jy graag wil hê, dan soek ons volgens dit vir jou ‘n nuwe huis hier in Nederland.

Watse dokumente het ek nodig wanneer ek vlieg van SA tot NL?

Maak seker jy het die volgende by jou wanneer jy vlieg:

  • Jou paspoort met jou visa daarin
  • Ten minste €100 kontant vir ingeval jou bankkaart nie werk in Nederland nie
  • Jou getekende Xelvin kontrak (vir ingeval hulle daarvoor vra by doeane op die lughawe)
  • Jou getekende huur kontrak (vir ingeval hulle daarvoor vra by doeane op die lughawe)
  • Jou vliegkaartjie (digitaal of uit gedruk)

Waarmee help Xelvin jou?

  • Ons soek vir jou ‘n goeie werk in Nederland wat pas by jou ambisies
  • Ons soek vir jou behuising in jou begroting
  • Ons reël jou vliegtuig kaartjie van Suid-Afrika af na Nederland
  • Ons kom haal jou by die lughawe en vat jou na jou nuwe huis toe
  • Ons vat jou na die ‘Expat Centre’ toe om jou verblyfstitel te gaan optel

Hoekom jy Xelvin moet kies om jou tegniese loopbaan in Nederland te begin?

Xelvin het al meer as 250 ander Suid-Afrikaners gehelp om ‘n goeie loopbaan in Nederland te vind. Met ons vier Suid-Afrikaanse recruiters wat intern vir Xelvin werk, maak dit die proses ook bietjie makliker omdat hulle die groot stap geneem het. Hulle verstaan waardeur elke kandidaat gaan en gee daarom ekstra aandag en tyd aan elke kandidaat. Ons het ook ‘n ‘relocation budget’ vir elke kandidaat wat ons gebruik om al die kostes te dek om jou hier in Nederland te kry en om jou o’n goeie afskop te gee met jou nuwe lewe hier.

Hoe werk die proses met Xelvin?

  1. Jy reik uit na ons toe of ons na jou toe via LinkedIn, Instagram of Facebook.
  2. Ons doen ‘n aanlyn Teams vergadering met jou om te bepaal wat is jou ambisies, wat is jou agtergrond en asof jy belangstel om in Nederland te kom woon en werk.
  3. Ons skakel jou CV om na ‘n Xelvin formaat en ons deel jou CV met ons kollegas, dan begin die groot soektog aan ons kant om vir jou ‘n goeie loopbaan te kry in Nederland wat pas by jou vaardighede en jou ambisies vir die toekoms.
  4. Ons kliënt nooi jou dan uit vir ‘n 1ste onderhoud (via Teams).
  5. Dan as jy die eerste onderhoud deur kom, nooi hulle jou vir ‘n 2de gesprek.
  6. Dan kry jy jou nuwe loopbaan in Nederland en ons begin met jou kontrak, die visa aansoek en die groot soektog na ‘n nuwe huis hier in Nederland.
  7. Ons verwelkom jou dan binne (hopelik) drie maande in Nederland en jy begin jou nuwe avontuur saam met Xelvin.

Hoe help Xelvin jou in skakel in die nuwe kultuur, taal en leefstyl?

Sodra jy hier in Nederland aan kom, betaal Xelvin vir jou Nederlandse lesse om die taal sommer vinnig onder die knie te kry. Ons het ook ‘n jaarlikse ‘sokkie en braai’ event wat ons hou om lekker saam met jou mede Suid-Afrikaners te kuier.

Hier is die link vir ons Suid-Afrikaanse sokkie event.