Hoe om ‘n bank rekening oop te maak?

Met ABN Amro kan jy nou ‘n bank rekening oop maak sonder om ‘n BSN nommer te hê. Hoe doen jy dit?

  1. Laai die ABN Amro toepassing af op jou slimfoon.
  2. Volg al die ‘prompts’ op die toepassing en gee al die nodige inligting.

Daar is ‘n video op ons @lekker_by_xelvin Instagram page wat presies vir jou wys hoe om ‘n rekening oop te maak met die app.

Volg hierdie skakel om die ABN Amro toepassing af te laai:

Android: https://play.google.com/store/apps/details?id=com.abnamro.nl.mobile.payments&hl=nl&pli=1

Apple: https://apps.apple.com/nl/app/apple-store/id439728011

 

Gesondheids Versekering (Mediese Fonds)

Wanneer jy in Nederland aankom, is jy reeds gedek met gesondheidsversekering. As iets met jou sou gebeur, is jy gedek. Maar dit is ook baie belangrik om binne die eerste drie maande aan te sluit by ’n gesondheidsversekering omdat jy terug betaal van die eerste dag wat jy in Nederland aan gekom het, wat beteken, sê nou maar jy het die eerste Januarie hier aan gekom en jy sluit eers middel Februarie aan vir jou gesondheidsversekering, gaan jy nogsteeds betaal vir van die eerste Januarie af, so hoe gouer jy aan sluit, hoe beter.

Sodra jy by ’n gesondheidsversekering aangesluit het, moet jy by ’n dokter registreer. Dit werk hier ’n bietjie anders as in Suid-Afrika. Jy moet Google watter dokterspraktyk (Huisartsenpraktijk) die naaste aan jou is. Dan moet jy na hulle spreekkamers toe gaan en jouself by daardie dokter registreer.

Om te registreer by ’n dokter, het jy jou BSN nommer, en verblyfstitel nodig. Nadat jy geregistreer is kan jy die praktyk vra watter apteek (Apotheek) die naaste is om ook by hulle te registreer. Sodra jy dit alles gedoen het, is jy reg om dokter toe te gaan, jy kan afsprake online ook maak by sekere praktyke. Dit maak dit baie gerieflik.

Hier is ‘n skakel waar jy al die gesondheids versekeringe in Nederland kan vergelyk met mekaar en volgens jou behoeftes, jou eie plan kies. https://www.independer.nl/

Aanspreeklikheids Versekering

Hierdie versekering is die versekering wat jou dek as jy perongeluk iemand raak ry met ‘n fiets, en hoe tragies dit ookal mag klink, is hierdie versekering so belangrik om te hê in Nederland. Jy kan hierdie versekering uitneem by jou bank of by Independer. Hierdie versekering dek eise van derde partye vir skadevergoeding tot ‘n sekere bedrag (gewoonlik €2.5 miljoen).

Elektrisiteit en Water

Wanneer jy in ‘n huis bly waar die nutsdienste (elektrisiteit, water, en gas) nie in gesluit is nie, kan jy PartnerPete gebruik om al hierdie dinge vir jou uit te sorteer.

Skakel: https://partnerpete.com/?gclid=CjwKCAjwgZCoBhBnEiwAz35RwoIYQ_NuVhU0gDCcOEYPhPDqn9WWi19WVepz9J97GGLvrg2CXXfxLRoCnN0QAvD_BwE

DigiD

In Nederland, is jou DigiD toepassing, jou alfa en omega. Alles werk met hierdie toep. Dit is ‘n stelsel wat gebruik word om jou identiteit te verifieër byvoorbeeld met jou gesondheidsversekering, jou gemeente (munisipaliteit), ens. Hierdie toep kan jy eers aflaai en begin gebruik wanneer jy jou BSN-nommer het. Let wel: dit is super belangrik om jou ‘login’ besonderhede wat jy gebruik vir die toep, jou gebruikersnaam en jou wagwoord, te bewaar op ‘n veilige plek. Want wanneer jy jou ‘login’ details vergeet, moet jy weer aansoek doen vir ‘n wagwoord verandering deur die pos, en glo my, dit is ‘n missie.

Daar is ‘n video op ons Instagram waarna jy kan kyk om jou DigiD ‘account’ oop te maak.